:: Words
AN EMPTY PLACE - Screenplay
An epic film need not be defined by its scale but by its respect for the sovereignty of its subject.
There is a universal phenomenon unfolding. Wildlands are disappearing; areas where wildlife dwells freely.
This process has a spiritual impact on humanity. The basic story is simple. It is about a man hunting an elephant that has been deemed to be a "rogue" in a game reserve.
This film is about an emotional response to a wild place, our cultural relationship with it and our reverence for its sanctity. Its passing will not be marked by the death of the last elephant; rather, it will be when we cease to defend it for its own sake.
POETRY AND PROSE
What follows are extracts from “Dreams and Lies”, a collection
of poetry and prose by Linda Cross.
Wiskunde klas
Kokedoriepop die kombuiskok se kopdoek rok
Walviswit tandestokkiebene plat afgeslat
Rasend rooi kriewelende krulle bo-op haar kop
en sy staan,
en spoeg,
elke dag,
alfabet spaghetti teen 'n papsag deegklas vas.
Ja, die woerende brein wonderslim wiskundevrou
Ag shame…
Leenkind
Ek weet jy is iemand anders sin.
'n Leenkind van 'n vrou
wat elke tweede naweek met jou hengel:
Blink aas, lyn in die water
Jy hardloop na haar toe
Sy bekyk jou, raak verveeld
en gooi jou terug.
Volgende keer,
Blinker aas, lyn in die water
Jy stap na haar toe
Sy bekyk jou, raak moeg
en gooi jou terug.
Partykeer vergeet jy van visvang,
En roep my – sonder om te dink
Ma!
En my hart klop hard in my bors
Want ek sien elke dag die blou spikkels in jou oë
Ek weet jy hou van krieket
Dat jou gunsteling kleur geel is
Dat jy laas week geleer het om roereiers te maak
Dat jy ronde klippies versamel
En dat jy nie van blomkool,
of boontjies,
en veral nie van visvang hou nie.
My naam is Kanek
Dis wie ek nou is.
Kanek.
Ek weet ek is veronderstel
om my lewe vir julle te wil gee,
en om die beste vir julle te wil
hê
en om myself laaste te plaas.
Maar vandag will ek julle ruil
vir 'n een slaapkamer woonstel en 'n kat.
Verbasend, tussen die geraas
van videospeletjies
en baklei met mekaar
en die TV
en almalsaampraat
en gil,
hoor ek dit nog steeds…
Kanek 'n nog appel kry,
kanek nog iets gaan koop,
kanek weer iemand bel,
kanek more uitslaap,
kanek jou toebroodjie ook eet
Kanek…?
Daar was 'n tyd toe ek 'n regte naam gehad het.
Een wat mense spaarsaam gebruik het.
KannEK ooit hoop vir stil
en skoon
en my eie naam?
Seker nie.
Kanek kan vandag nie meer nie.
Disgruntled employee
Yes, I’m here.
Grey mouse
with bent back over a PC
doing what you tell me to.
You mutter and dodder
and grumble and lash out
with yellow fangs that find their mark
and peg into the bottom rung of the ladder
where I sit.
(swinging my legs, nostrils flared to catch the wind…
flowers in my teeth)
If you bang your fist
and frown and
Stamp and Stomp and Sneer,
the people in the cubicle next door
may think you’re in control.
Then you’re free to float on your yellow belly
and jelly yourself along even further
past the sell-by that you’ve reached.
Old man scared of a grey mouse…
|